| neet [boodskap #147683] |
Wo., 19 Maart 2025 16:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24185 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Neet aan 'n haar.
neet
Afbreking: neet
Selfstandige naamwoord: neet
Meervoud: nete
Betekenis:
• Die eier van 'n luis.
• (figuurlik) 'n Armoedige/ armlastige persoon.
Gebruik:
• Die seun kam die nete uit sy hare uit.
• Hy is 'n kale neet sonder 'n duit op sy naam.
Spreekwoord:
• Hy klou soos 'n neet. [Baie vas sit, kleef.]
Sinoniem:
• luiseier
Vertaling:
Engels: nit, egg of a louse; poor person
Nederlands: neet
Nota:
• Moenie "neet" met "neut" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|