| senterpons [boodskap #147606] |
Do., 27 Februarie 2025 18:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Twee senterponse.
senterpons
Afbreking: sen•ter•pons
Samestelling: senter + pons
Selfstandige naamwoord: senterpons
Meervoud: senterponse
Betekenis:
• Handgereedskap in die vorm van 'n staalpen met 'n harde punt om merke of gaatjies in voorwerpe te maak.
Gebruik:
• Slaan 'n gaatjie in die metaal met 'n senterpons sodat die boorpunt nie rondbeweeg nie.
Sinoniem:
• puntslag
Vertaling:
Engels: centre punch
Nederlands: centerpons
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|