| wanordelik [boodskap #147596] |
Ma., 24 Februarie 2025 18:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24170 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanordelik
Afbreking: wan•or•de•lik
Samestelling: wanorde + -lik
Byvoeglike naamwoord: wanordelik
Vergrotende trap: wanordeliker
Oortreffende trap: wanordelikste
Attributief: wanordelike
Partitief: wanordeliks
Betekenis:
• Met 'n gebrek aan orde.
Gebruik:
• Die polisie het dit duidelik gemaak dat hulle geen wanordelike gedrag sal duld nie.
Sinoniem:
• deurmekaar
• chaoties
• onbeheerbaar
• onordelik
• onregeerbaar
• ordeloos
• ontwrigtend
• wetteloos
Antoniem:
• ordelik
Afgelei:
• wanordelikheid
Vertaling:
Engels: chaotic, messy, disorganized, untidy, disordered, disorderly
Nederlands: wanordelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|