| humeurig [boodskap #147579] |
So., 23 Februarie 2025 09:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
humeurig
Afbreking: hu•meu•rig
Samestelling: humeur + -ig
Byvoeglike naamwoord: humeurig
Vergrotende trap: humeuriger
Oortreffende trap: humeurigste
Attributief: humeurige
Betekenis:
• Wat in 'n slegte bui/ stemming is, of maklik kwaad raak.
Gebruik:
• Hy is 'n humeurige vent met 'n knorrige geaardheid wat voortdurend aan die baklei is.
Sinoniem:
• beduiweld
• befoeterd
• beneuk
• driftig
• hitsig
• iesegrimmig
• knorrig
• kortgebonde
• moeilik
• nukkerig
• prikkelbaar
• toornig
• vurig
Afgelei:
• humeurigheid
Vertaling:
Engels: moody, temperamental
Nederlands: humeurig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|