| sagteband [boodskap #147571] |
Sa., 22 Februarie 2025 09:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sagteband
Afbreking: sag•te•band
Samestelling: sagte + band
Selfstandige naamwoord: sagteband
Meervoud: sagtebande
Verkleinwoord: sagtebandjie
Meervoud van verkleining: sagtebandjies
Betekenis:
• 'n Boek met 'n sagte omslag, gewoonlik van dik papier of dun karton, wat aan die rugkant saam met die ander blaaie vasgegom is.
Gebruik:
• Die boek kos R100 vir die sagteband en R200 vir die hardeband.
Sinoniem:
• slapband
Antoniem:
• hardeband
Afgelei:
• sagtebandboek
Vertaling:
Engels: paperback, softcover
Nederlands: paperback
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|