| kompak [boodskap #147556] |
Sa., 15 Februarie 2025 18:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24135 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompak
Afbreking: kom•pak
Byvoeglike naamwoord: kompak
Vergrotende trap: kompakter
Oortreffende trap: kompakste
Attributief: kompakte
Betekenis:
• Wat dig en en opmekaar is.
• Wat klein of kort en bonkig is.
• Wat tot die minimum (essensie) beperk is.
Gebruik:
• Pak die sakke so kompak as moontlik.
• Dis vis het 'n kompakte lyf en 'n kort kop.
• Die verhaal is kompak en geen onnodige inligting word verskaf nie.
Sinoniem:
• beknop
• bondig
• dig
• ineengedruk
• saamgedrong
• saamgedruk
• saamgepers
Afgelei:
• kompaktheid
• kompaksie
• kompakteer
Vertaling:
Engels: compact, dense
Nederlands: compact
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|