| taaltoffie [boodskap #147550] |
Sa., 15 Februarie 2025 09:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taaltoffie
Afbreking: taal•tof•fie
Samestelling: taal + toffie
Selfstandige naamwoord: taaltoffie
Meervoud: taaltoffies
Betekenis:
• 'n Konsep in 'n taal wat dikwels verkeerd verstaan of gebruik word.
Gebruik:
• Selfs die kundiges slaan 'n taaltoffie na as daar enige twyfel bestaan.
• 'n Taaltoffie is daardie iets in ons taal waaraan jy so rukkie moet kou voor jy seker is jy gebruik dit reg.
Vertaling:
Engels: language toffee
Nederlands: taaltoffee
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|