| disnis [boodskap #147467] |
So., 02 Februarie 2025 09:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24234 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
disnis
Afbreking: dis•nis
Bywoord: disnis
Betekenis:
• (informeel) Wat baie moeg is
• (informeel) Wat amper bewusteloos is.
Gebruik:
• Hy werk hom disnis. Ek het myself disnis gesoek.
• Sy het haarself disnis geval.
Sinoniem:
• bedwelmd
• duiselig
• gedaan
• kapot
• katswink
• moeg
• poot-uit
Vertaling:
Engels: done for, to pieces; out cold
Nederlands: kapot; buiten bewustzijn
Nota:
• 'n Vervorming van die Engelse "distance". 'n Renperd moes met meer as 100 treë wen om met 'n "distance" te wen – wat mettertyd disnis in Afrikaans geword het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|