Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deurnat
deurnat [boodskap #147466] So., 02 Februarie 2025 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24223
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurnat
Afbreking: deur•nat
Samestelling: deur + nat


Byvoeglike naamwoord: deurnat
Attributief: deurnatte

Betekenis:
• Wat deur en deur nat is.

Gebruik:
• Haar klere was deurnat toe die sproeier haar tref.
• Die seuns speel rugby op die deurnatte veld.

Sinoniem:
• deurdrenk
• deurtrek
• deurweek
• druipnat
• papnat

Antoniem:
• kurkdroog

Vertaling:
Engels: wet through, soaking wet
Nederlands: doornat


Werkwoord: deurnat
Verlede tyd: het deurnat

Betekenis:
• Om deeglik nat te maak.

Gebruik:
• Die reën deurnat die droë grond.

Vertaling:
Engels: to make wet
Nederlands: doornatten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bewerig
Volgende onderwerp: disnis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 03:29:02 UTC 2025