Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veeg
- veeg [boodskap #147457] Sat, 01 February 2025 19:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21340
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
veeg
Afbreking: veeg


Selfstandige naamwoord: veeg
Meervoud: veë
Verkleinwoord: vegie
Meervoud van verkleining: vegies

Betekenis:
• Die handeling van vee; 'n haal met iets soos 'n besem; sleepkontak.
• 'n Klap of swaaiende hou.
• 'n Feeks.

Gebruik:
Veeg na veeg maak sy die huis skoon.
• Sy gee hom 'n veeg deur die gesig.
• Die veeg het hom getoor!

Spreekwoord:
• Iemand 'n veeg uit die pan gee. [Iemand berispe.]

Hiponiem:
• helleveeg
• oorveeg

Afgelei:
• veeghou
• veeglap
• veegsel

Vertaling:
Engels: sweep, swipe; slap; witch
Nederlands: veeg


Werkwoord: veeg
Verlede tyd: het geveeg

Betekenis:
• Wisselvorm van vee.

Gebruik:
• Sy veeg die tafel skoon.

Afgelei:
• afveeg
• opveeg
• uitveeg
• wegveeg

Vertaling:
Engels: to sweep, brush, wipe
Nederlands: vegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krakend
Volgende onderwerp: naamlys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Mar 09 07:46:56 UTC 2025