Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moorde op plaasboere
Moorde op plaasboere [boodskap #14744] Vr, 15 Mei 1998 00:00
Besorgd  is tans af-lyn  Besorgd
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
114 plaasaanvalle in Maart en April


Pretoria - Gemiddeld byna 2 plaasaanvalle per dag het in
Maart en April voorgekom toe onderskeidelik 62 en 52
aanvalle landwyd aangeteken is.

Chris du Toit, president van die Suid-Afrikaanse
Landbou-Unie (Salu), sê in 'n verklaring gemoedere in die
landbougemeenskap loop hoog weens dié aanvalle en dit
raak al hoe moeiliker om die gemoedere te kalmeer.

Volgens Du Toit is die regering reeds by herhaling gemaan
om drastiese stappe te doen om misdaad in die algemeen
maar veral aanvalle op plaasbewoners te beëindig.

Hy sê die regering oortuig nie met sy versekerings om die
groeiende euwel in landelike gebiede uit te roei nie. Die
regering se integriteit, politieke wil en vermoë om
plaasaanvalle te beëindig en doeltreffende strawwe in te
stel wat misdadigers sal afskrik, word ook toenemend
bevraagteken.

Du Toit se reaksie kom ná die moord op Daniël Marais van
die plaas Mariedale by Koffiefontein in die Vrystaat.
Marais is Dinsdag deur 'n werker vermoor kort nadat hy
vir die werker borg betaal het en die werker saam met
Marais en sy vrou aandete geëet het.

Du Toit verwys ook na die aanvalle op Amelia du Plessis
van Piet Retief wat vroeër die week by 'n plaashek
aangeval en ernstig beseer is en Pieter Niemann van
Naboomspruit wat aangerand en vasgebind is deur
aanvallers wat hom gedwing het om 'n brief te teken
waarin hy verklaar dat hy skape aan hulle verkoop het.

Du Toit vra boere om uiters versigtig te wees wanneer
hulle vreemdelinge op hul grond opmerk. Hy maan hulle ook
om altyd hul eie veiligheid voorop te stel.

In sy reaksie op die Marais-moord sê Piet Gouws,
president van die Vrystaatse Landbou-Unie (VLU), boere
moet paraat bly en by plaaslike veiligheidsaksies
inskakel.

Hy doen ook 'n beroep op boere wat nie lid is van die
georganiseerde landbou nie om by die unies aan te sluit
sodat hulle deel kan word van die beveiligingstrukture en
kan saamstaan teen die ''aanslae van buite''.


Tot weder siens
Vorige onderwerp: Re: War and Peace...
Volgende onderwerp: Re: Griet se tools
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 10:55:12 MGT 2024