| kaduks [boodskap #147437] |
Do., 30 Januarie 2025 14:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaduks
Afbreking: ka•duks
Byvoeglike naamwoord: kaduks
Attributief: kadukse
Betekenis:
• Wat moeg/ gedaan/ pootuit is.
• Wat swak of siekerig is.
• Wat gebreek/ stukkend is.
Gebruik:
• Hy het homself kaduks gewerk.
• Sy voel effens kaduks vandag. Ek het myself kaduks geëet.
• Die motor is kaduks.
Sinoniem:
• boeglam
• kapot
• onbruikbaar
• onklaar
• pootuit
• stukkend
• swak
• vervalle
• wankelend
Afgelei:
• kaduksheid
Vertaling:
Engels: dog-tired, finished; sick; weak, dilapidated, decrepit
Nederlands: kaduks
Nota:
• Van Nederlands kaduuk, van Frans caduc'", van Latyn caductus, "wat maklik val."
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|