| vasgryp [boodskap #147354] |
Do., 16 Januarie 2025 12:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24180 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasgryp
Afbreking: vas•gryp
Samestelling: vas + gryp
Werkwoord: gryp vas, vasgryp
Verlede tyd: het vasgegryp
Betekenis:
• Om iets vinnig en stewig in die hand te neem.
• (figuurlik) Om jou eie te maak.
Gebruik:
• Hy gryp die dokter aan die kraag vas en sê, "ons gaan mekaar nou nie seermaak nie."
• Sy het die geleentheid met beide hande vasgegryp.
Sinoniem:
• aangryp
• beetgryp
• beetkry
• beetpak
• vashou
• vasklem
• vasklou
• vasvat
• vasvang
Vertaling:
Engels: to grip, grasp, take firm hold of
Nederlands: vastgrijpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|