| slaagsyfer [boodskap #147338] |
Wo., 15 Januarie 2025 08:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24213 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slaagsyfer
Afbreking: slaag•sy•fer
Samestelling: slaag + syfer
Selfstandige naamwoord: slaagsyfer
Meervoud: slaagsyfers
Verkleinwoord: slaagsyfertjie
Meervoud van verkleining: slaagsyfertjies
Betekenis:
• Die persentasie leerlinge of studente wat 'n toets, eksamen of studiejaar geslaag het.
Gebruik:
• Die matriekleerlinge van 2024 het 'n slaagsyfer van 87,3% behaal.
Sinoniem:
• slaagpersentasie
Hiponiem:
• matriekslaagsyfer
Vertaling:
Engels: pass rate
Nederlands: slaagcijfer, slagingspercentage
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|