| verdelend [boodskap #147330] |
Di., 14 Januarie 2025 11:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdelend
Afbreking: ver•de•lend
Samestelling: verdeel + -end
Byvoeglike naamwoord: verdelend
Vergrotende trap: verdelender
Oortreffende trap: verdelendste
Attributief: verdelende
Partitief: verdelends
Betekenis:
• Wat verdeel (skeiding bring).
Gebruik:
• Sulke rassistiese en verdelende uitsprake is totaal onaanvaarbaar.
Sinoniem:
• distributief
• skeidend
• polariserend
• strydwekkend
Vertaling:
Engels: separative, dividing, divisive
Nederlands: verdelend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verdeel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|