| randeier [boodskap #147325] |
Di., 14 Januarie 2025 08:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
randeier
Afbreking: rand•ei•er
Samestelling: rand + eier
Selfstandige naamwoord: randeier
Meervoud: randeiers
Verkleinwoord: randeiertjie
Meervoud van verkleining: randeiertjies
Betekenis:
• 'n Eier op die kant van 'n broeisel.
• (figuurlik) Iemand wat nie deel van die binnekring is nie; 'n randfiguur in die samelewing.
Gebruik:
• Die randeiers kry minder hitte en neem langer om uit te broei en kan selfs doodgaan.
• Omdat hy so 'n slimkop is, is hy bietjie van 'n randeier in sy klas.
Spreekwoord:
• 'n Randeier broei nooit 'n gesonde kuiken uit nie. [Van 'n losbol kom nooit iets tereg nie.]
Sinoniem:
• buitestaander
• randfiguur
• uitgeworpene
Vertaling:
Engels: outer egg; rank outsider, wall-fower
Nederlands: buitenste ei; buitenstaander
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|