Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontdekkingsreis
ontdekkingsreis [boodskap #147318] So., 12 Januarie 2025 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24189
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontdekkingsreis
Afbreking: ont•dek•kings•reis
Samestelling: ontdekking + -s- + reis


Selfstandige naamwoord: ontdekkingsreis
Meervoud: ontdekkingsreise

Betekenis:
• 'n Reis om onbekende gebiede te verken.
• (figuurlik) 'n Spreekwoordelike reis om nuwe dinge te verken.

Gebruik:
• Christophorus Columbus het Amerika tydens een van sy ontdekkingsreise ontdek.
• Die boek neem kinders op 'n ontdekkingsreis deur die Bybel.

Sinoniem:
• avontuur
• ekspedisie
• ontdekkingstog
• safari
• soektog

Afgelei:
• ontdekkingsreisiger

Vertaling:
Engels: voyage of discovery
Nederlands: ontdekkingsreis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lekkerruikgoed
Volgende onderwerp: kinderreg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 19:06:26 UTC 2025