Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaterlag
skaterlag [boodskap #147301] Do., 09 Januarie 2025 11:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24223
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skaterlag
Afbreking: ska•ter•lag
Samestelling: skater + lag


Werkwoord: skaterlag
Verlede tyd: het geskaterlag

Betekenis:
• Om hard en uitbundig te lag.

Gebruik:
• Die fliek het my laat skaterlag.

Afgelei:
• skaterlaggend

Vertaling:
Engels: to roar with laughter
Nederlands: schaterlachen


Selfstandige naamwoord: skaterlag
Meervoud: skaterlagge, skaterlagte
Verkleinwoord: skaterlaggie
Meervoud van verkleining: skaterlaggies

Betekenis:
• 'n Harde, uitbundige lag as uiting van vreugde.

Gebruik:
• Sy mis die kinders se skaterlag.

Vertaling:
Engels: burst of laughter, guffaw
Nederlands: schaterlach

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bierblik
Volgende onderwerp: kamstig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 20:45:33 UTC 2025