| spoedkamera [boodskap #147295] |
Do., 09 Januarie 2025 10:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoedkamera
Afbreking: spoed•ka•me•ra
Samestelling: spoed + kamera
Selfstandige naamwoord: spoedkamera
Meervoud: spoedkameras
Verkleinwoord: spoedkameratjie
Meervoud van verkleining: spoedkameratjies
Betekenis:
• 'n Kamera langs 'n pad wat motors wat te vinnig ry afneem.
Gebruik:
• Talle jaagduiwels is al met die spoedkamera op die N1 naby Pretoria gevang.
Sinoniem:
• gatsometer
Afgelei:
• fop-spoedkamera
• spoedkamera-databasis
Vertaling:
Engels: speed camera
Nederlands: snelheidscamera, flitspaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|