samesweerder [boodskap #147252] |
Fri, 03 January 2025 08:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21149 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
samesweerder
Afbreking: sa•me•sweer•der
Samestelling: saam + -e- + sweerder
Selfstandige naamwoord: samesweerder
Meervoud: samesweerders
Verkleinwoord: samesweerdertjie
Meervoud van verkleining: samesweerdertjies
Betekenis:
• 'n Lid van 'n geheime groep. Iemand wat saam met ander konkel en saamsweer.
Gebruik:
• Daarna het die burgers van die land die samesweerders almal doodgemaak en Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak. [2 Kronieke 33:25]
Sinoniem:
• eedgenoot
• intrigant
• konkelaar
• medepligtige
• medewerker
• rugsteker
• saamgesworene
• verraaier
Hiponiem:
• hoofsamesweerder
Afgelei:
• samesweerdery
Vertaling:
Engels: conspirator, plotter
Nederlands: samenzweerder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|