Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » biljart
biljart [boodskap #147216] Tue, 17 December 2024 12:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21079
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Biljart word gespeel.
Biljart word gespeel.
biljart
Afbreking: bil•jart


Selfstandige naamwoord: biljart
Meervoud:

Betekenis:
• Binnenshuise spel deur twee spelers op 'n reghoekige tafel, met vilt bedek, waar balle met lang stokke in sakke aan die hoeke gestoot word.

Gebruik:
• Kom ons speel 'n potjie biljart.

Sinoniem:
• snoeker

Afgelei:
• biljartbal
• biljartbok
• biljartkamer
• biljartkampioen
• biljartkeu
• biljartlaken
• biljartsaal
• biljartsak
• biljartspeler
• biljartstok
• biljarttafel
• biljartwedstryd

Vertaling:
Engels: billiards
Nederlands: biljart

Nota:
• Moenie biljart ('n spel) met biljard ('n getal) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: serie
Volgende onderwerp: reghoekig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 08:16:49 UTC 2025