dodeakker [boodskap #147209] |
Mon, 16 December 2024 09:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dodeakker
Afbreking: do•de•ak•ker
Samestelling: dode + akker
Selfstandige naamwoord: dodeakker
Meervoud: dodeakkers
Betekenis:
• 'n Stuk grond waar oorledenes begrawe word.
Gebruik:
• Argeoloë het 'n dodeakker naby Kaïro in Egipte met meer as 100 ongeskonde sarkofae ontdek.
Sinoniem:
• begraafplaas
• begraafplek
• godsakker
• grafakker
• kerkhof
• nekropolis
• rusplek
Vertaling:
Engels: cemetery, graveyard
Nederlands: dodenakker, begraafplaats
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|