| hardheid [boodskap #147154] |
Ma., 09 Desember 2024 09:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hardheid
Afbreking: hard•heid
Samestelling: hard + -heid
Selfstandige naamwoord: hardheid
Meervoud: hardhede
Betekenis:
• Die toestand (of mate) van hard wees, m.b.t. harde materiale, harde klanke, harde mense, die hoeveelheid minerale in water, ens.
Gebruik:
• Die hardheid van 'n materiaal word bepaal deur te kyk of 'n krag wat daarop inwerk permanente vervorming veroorsaak.
• Die bure kla oor die hardheid van julle musiek.
• Kaliumkarbonaat word gebruik om die hardheid van water te verlaag.
Sinoniem:
• gevoelloosheid
• hardvogtigheid
• luidrugtigheid
• meedoënloosheid
• onbuigsaamheid
• rigiditeit
• slagsterkte
• strengheid
• taaiheid
Antoniem:
• sagtheid
Afgelei:
• verhardheid
Afgelei:
• hardheidsgetal
• hardheidsgraad
• hardheidskaal
• hardheidstoets
Vertaling:
Engels: harshness
Nederlands: hardheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|