onbehoorlik [boodskap #147144] |
Sun, 08 December 2024 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbehoorlik
Afbreking: on•be•hoor•lik
Samestelling: on- + behoorlik
Byvoeglike naamwoord: onbehoorlik
Vergrotende trap: onbehoorliker
Oortreffende trap: onbehoorlikste
Attributief: onbehoorlike
Partitief: onbehoorliks
Betekenis:
• Wat nie ordentlik en behoorlik is nie.
Gebruik:
• Ek pleit skuldig uit my eie vrye wil en bevestig dat ek nie onbehoorlik beïnvloed was om sodoende te pleit nie.
• Die politikus is aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie skuldig bevind.
Sinoniem:
• aanstootlik
• onbeskaamd
• onbetaamlik
• onfatsoenlik
• ongemanierd
• ongepas
• onhebbelik
• onordentlik
• onpaslik
• onvanpas
• onwelvoeglik
• skaamteloos
• wanvoeglik
Antoniem:
• behoorlik
Afgelei:
• onbehoorlikheid
Vertaling:
Engels: improper, indecent
Nederlands: ongepast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|