| afkondiging [boodskap #147116] |
Wo., 04 Desember 2024 11:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afkondiging
Afbreking: af•kon•di•ging
Samestelling: afkondig + -ing
Selfstandige naamwoord: afkondiging
Meervoud: afkondiginge, afkondigings
Verkleinwoord: afkondiginkie
Meervoud van verkleining: afkondiginkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van afkondig.
Gebruik:
• Wanneer afkondigings oor die interkom gemaak word, moet die leerders stil wees en luister na wat gesê word.
Sinoniem:
• aankondiging
• bekendmaking
• kennisgewing
• kommunikasie
• mededeling
• openbaarmaking
• promulgasie
• verklaring
• verkondiging
Hiponiem:
• huweliksafkondiging
• vredesafkondiging
Vertaling:
Engels: proclamation
Nederlands: afkondiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|