krygswet [boodskap #147114] |
Wed, 04 December 2024 09:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krygswet
Afbreking: krygs•wet
Samestelling: kryg + -s- + wet
Selfstandige naamwoord: krygswet
Meervoud: krygswette
Betekenis:
• Militêre ingryping waar die weermag die regering oorvat en die gewone landswette tydelik opgehef word.
Gebruik:
• Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, het in 'n dramatiese televisietoespraak krygswet afgekondig.
Sinoniem:
• oorlogswet
Hiponiem:
• noodkrygswet
Afgelei:
• krygswetverklaring
Vertaling:
Engels: martial law
Nederlands: krijgswet
Nota:
• Kryg is 'n verouderde woord vir oorlog.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|