| deurspek [boodskap #147096] |
Do., 28 November 2024 15:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deurspek
Afbreking: deur•spek
Samestelling: deur + spek
Byvoeglike naamwoord: deurspek
Attributief: deurspekte
Betekenis:
• Wat oorvloedig vermeng is.
Gebruik:
• Sy opstel is deurspek van foute.
Sinoniem:
• deurtrek
Vertaling:
Engels: interlarded
Nederlands: doorspekt
Werkwoord: deurspek
Verlede tyd: het deurspek
Betekenis:
• Om spek in vleis te druk om dit sappiger te maak.
• (figuurlik) Om ryklik te vermeng.
Gebruik:
• Die kok deurspek die skaapboud.
• Die duiwel deurspek die leuen met waarheid, sodat die leuen aanvaarbaar lyk.
Sinoniem:
• impregneer
• lardeer
Afgelei:
• deurspekking
Vertaling:
Engels: to lard, interlard
Nederlands: doorspekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|