| vlugsout [boodskap #147092] |
Do., 28 November 2024 12:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24156 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlugsout
Afbreking: vlug•sout
Samestelling: vlug + sout
Selfstandige naamwoord: vlugsout
Meervoud: vlugsoute
Betekenis:
• 'n Middel om mense wat flou geval het by te bring. 'n Vlugtige sout, meestal wit kristalle van ammoniumkarbonaat (NH4)2CO3.
Gebruik:
• Vlugsout het 'n skerp prikkelende geur wat die slymvliese van die mond, neus en longe irriteer.
Sinoniem:
• ammoniumreuksout
• hertshoringsout
• reuksout
• sal volatile
Vertaling:
Engels: smelling-salt, ammonia inhalant, spirit of hartshorn
Nederlands: vlugzout, reukzout, geest van hartshoorn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|