aanbidder [boodskap #147084] |
Tue, 26 November 2024 12:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanbidder
Afbreking: aan•bid•der
Samestelling: aanbid + -er
Selfstandige naamwoord: aanbidder
Meervoud: aanbidders
Betekenis:
• Iemand wat 'n godheid aanbid.
• (figuurlik) Iemand wat iemand anders bewonder.
Gebruik:
• Die aanbidders van Baäl was groot teenstanders van die Israeliete, en omgekeerd.
• Dit lyk of sy 'n geheime aanbidder het.
Sinoniem:
• aanhanger
• bewonderaar
• vereerder
Hiponiem:
• beeldaanbidder
• duiwelaanbidder
• natuuraanbidder
• slangaanbidder
• sterreaanbidder
• satanaanbidder
• sonaanbidder
• vuuraanbidder
Vertaling:
Engels: worshipper; admirer, adorer
Nederlands: aanbidder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|