sikspens [boodskap #147077] |
Sun, 24 November 2024 18:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sikspens
Afbreking: siks•pens
Selfstandige naamwoord: sikspens
Meervoud: sikspense
Betekenis:
• 'n Ou muntstuk met die waarde van ses pennies of vyf sent.
Gebruik:
• De Tijd was die eerste Nederlandse koerant in die Oranje-Vrystaat wat destyds vir 'n sikspens verkoop is.
Spreekwoord:
• So blink soos 'n nuwe sikspens. [Netjies en deftig aangetrek.]
• Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
Sinoniem:
• vyfsent
Vertaling:
Engels: sixpence
Nederlands: zes pence, vijf cent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|