katkiseer [boodskap #147038] |
Tue, 19 November 2024 12:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
katkiseer
Afbreking: kat•ki•seer
Werkwoord: katkiseer
Verlede tyd: het gekatkiseer
Betekenis:
• Om die finale godsdiensonderrig voor aanneming as 'n lidmaat van 'n kerk te gee of te ontvang.
• (figuurlik) Om kwaai te berispe of langdurig te ondervra.
Gebruik:
• Ons katkiseer by ds. Wouter de Vos.
• Die meneer het ons behoorlik oor die vrugtestelery gekatkiseer.
Afgelei:
• katkiseerboek
• katkiseermeester
Verwant:
• katkisasant
• katkisasie
Vertaling:
Engels: to catechize, give confirmation-classes; lecture, rebuke
Nederlands: catechiseren; langdurig ondervragen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|