| indril [boodskap #147000] |
Do., 14 November 2024 18:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indril
Afbreking: in•dril
Samestelling: in + dril
Werkwoord: dril in, indril
Verlede tyd: het ingedril
Betekenis:
• Om na binne te dril.
• (figuurlik) Om deur herhaling aan te leer.
Gebruik:
• Vat die boor en dril 'n gat in die plaat in.
• Die onderwyser het die maaltafels in die kinders se koppe ingedril.
Sinoniem:
• indryf
• inskerp
• inprent
• instamp
Vertaling:
Engels: to drill in
Nederlands: indrillen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|