Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: jakkals haiku
Re: jakkals haiku [boodskap #14700] Do, 14 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Nee kobus, jy het die kol raak geskiet,
vooral in reel 3 eerste helfte, :)

Jennifer

Kobus Pietersen wrote:

> tweegat jakkals - holafrika filantroop - veranti-apartheidsvark -
> weg Is daar miskien 'n fout met hierdie haai koe ? (Haggisvreter)
Re: jakkals haiku [boodskap #14761 is 'n antwoord op boodskap #14700] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes: >

>> tussen die heuwels
>> sluip jakkals met skerp oë,
>> speurder van die veld
>
> oë, nou sien ekke
> laat ek tog weer eens probeer
> hier volg my haiku [ :-) x 3 ]
>
> twee skerp jakkalse
> afrikaanse veldspeurders
> sluip heuwelveld rond
>
> Is daar enigsins fout met hierdie

Nee, dis gaaf. Maar hoekom verander
jy nie die laaste reel so nie:

twee skerp jakkalse,
afrikaanse speurders,
sluip in die veld rond

In 'n haiku is jy nie veronderstel om tweekeer
dieselfde woord te gebruik nie. Jou oorspronklike
een het tweekeer die woord "veld." Ek dink jy
is potensieel 'n goeie haiku-skrywer. Wil jy 'n
kigo gegee word, of wil jy self een kies. Bly
hierdie keer uit my karakter uit. Dis baie beter
om oor jakkalse te skryf.

Gloudina
Re: jakkals haiku [boodskap #14762 is 'n antwoord op boodskap #14700] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> tweegat jakkals - hol
> afrika filantroop - ver
> anti-apartheidsvark - weg
>
> Is daar miskien 'n fout met hierdie haai koe ?

Jou haiku se laaste reel is te lank.
Buitendien gebruik 'n mens die haiku-
vorm om intense momente oor te dra.
Hier is my poging:

tussen die heuwels
sluip jakkals met skerp o"e,
speurder van die veld

Gloudina
Re: jakkals haiku [boodskap #14763 is 'n antwoord op boodskap #14700] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> tweegat jakkals - hol
>> afrika filantroop - ver
>> anti-apartheidsvark - weg
>>
>> Is daar 'n fout ? Jou haiku se laaste reel is te lank. Buitendien gebruik
'n mens die haiku vorm om intense momente oor te dra :

> tussen die heuwels
> sluip jakkals met skerp oë,
> speurder van die veld

oë, nou sien ekke
laat ek tog weer eens probeer
hier volg my haiku [ :-) x 3 ]

twee skerp jakkalse
afrikaanse veldspeurders
sluip heuwelveld rond

Is daar enigsins fout met hierdie intense momente ?
Re: jakkals haiku [boodskap #14764 is 'n antwoord op boodskap #14700] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> 'n mens gebruik die haiku vorm om intense momente oor te dra :
>
>> tussen die heuwels
>> sluip jakkals met skerp oë,
>> speurder van die veld
>
> oë, nou sien ekke

> twee skerp jakkalse
> afrikaanse veldspeurders
> sluip heuwelveld rond

Verander die laaste reel so:

twee skerp jakkalse,
afrikaanse speurders,
sluip in die veld rond

In 'n haiku is jy nie veronderstel om tweekeer dieselfde woord te gebruik
nie.
(Bly hierdie keer uit my karakter uit. Ditto)

siek woer-woer effek
tjoef-tjaf broekie af
te laat

vorder ek ?
'n kigo vir jou: onvergeeflike
Re: jakkals haiku [boodskap #14792 is 'n antwoord op boodskap #14700] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Kobus, ek speel nie met seuntjies wat dink dis macho
om risque te wees nie.
Moses kriebel Glodina, ek wil nie eintlik weet met wie
jy speel en met wie nie!
Wat beteken risque? Beskuit ? ( Het ek? )

> onvergeeflike
> selfadmirerende ou
> probeer 'n grap maak

> Vorder ek?
Inteendeel. (Ek's ernstig)
Verander dit soos volg.

onvergeeflike
selfadmirerende vrou
probeer 'n grap, maar ....

> Vertel my liewer hoekom jy die epos-adres "riksja" gekies
het. Bly jy in Natal?
Daar bestaan nie so 'n plek nie. (Miskien lank terug?)
Riksja is 'n kubervoertuig op my spinnerakbladsy.
"Duh hoor", soos "ekke" sou sê ! :-)

Groete.
Re: jakkals haiku [boodskap #14793 is 'n antwoord op boodskap #14700] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes: >

> twee skerp jakkalse,
> afrikaanse speurders,
> sluip in die veld rond
>
> In 'n haiku is jy nie veronderstel om tweekeer dieselfde woord te gebruik
> nie.

>
> siek woer-woer effek
> tjoef-tjaf broekie af
> te laat
>
> vorder ek ?
> 'n kigo vir jou: onvergeeflike

Kobus, ek speel nie met seuntjies wat
dink dis macho om risque te wees nie.

onvergeeflike
selfadmirerende ou
probeer 'n grap maak

Vorder ek?
Vertel my liewer hoekom jy die epos-
adres "riksja" gekies het. Bly jy in
Natal?

Gloudina
Vorige onderwerp: Die Virago van die Weskus
Volgende onderwerp: Kan iemand my help?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 11:34:37 MGT 2024