kleinood [boodskap #146989] |
Thu, 14 November 2024 06:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleinood
Afbreking: klei•nood
Samestelling: klein + -ood
Selfstandige naamwoord: kleinood
Meervoud: kleinode
Verkleinwoord: kleinoodjie
Meervoud van verkleining: kleinoodjies
Betekenis:
• 'n Kleinerige voorwerp wat baie kosbaar is.
Gebruik:
• Die ring is dalk nie baie werd nie, maar dit is 'n kosbare kleinood.
Sinoniem:
• juweel
• kosbaarheid
• sieraad
• skat
Afgelei:
• kleinoodkissie
Spelfout:
• kleinnood
Vertaling:
Engels: jewel, gem, treasure, trinket
Nederlands: kleinood
Nota:
• "Klein" in die oorspronklike betekenis 'rein, sierlik, mooi' met die agtervoegsel "-ood" om dit 'n abstrakte selfstandige naamwoord te maak.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|