tehuis [boodskap #146945] |
Sat, 09 November 2024 17:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tehuis
Afbreking: te•huis
Samestelling: te + huis
Selfstandige naamwoord: tehuis
Meervoud: tehuise
Verkleinwoord: tehuisie
Meervoud van verkleining: tehuisies
Betekenis:
• Plek waar mense wat versorging benodig bly, soos oumense, gestremdes, dwelmverslaafdes, ens.
Gebruik:
• Sy woon in 'n tehuis vir bejaardes.
Sinoniem:
• akkommodasie
• behuising
• herberg
• huisvesting
• verblyfplek
Hiponiem:
• aanhoudingstehuis
• jongenstehuis
• kindertehuis
• kollegetehuis
• meisiestehuis
• ouetehuis
• oumannetehuis
• seunstehuis
• verpleegsterstehuis
• vrouetehuis
Vertaling:
Engels: home, hostel
Nederlands: tehuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|