stu [boodskap #146929] |
Thu, 07 November 2024 18:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stu
Afbreking: stu
Werkwoord: stu
Verlede tyd: het gestu
Betekenis:
• Om deur te druk en te stoot vorentoe te beweeg.
• Om met druk teen te hou (soos 'n damwal water keer).
• Om oordeelkundig te pak of te laai (soos in 'n skeepsruim).
Gebruik:
• Die bloed stu deur sy are. Die bruisende water het die boot vorentoe gestu.
• Die hawe stu al vir honderde jare teen die oseaan.
• Die kratte word sorgvuldig in die laairuimte gestu.
Sinoniem:
• druk
• opwel
• steun
• stoot
Hiponiem:
• opstu
• voortstu
Afgelei:
• studam
• studruk
• stukrag
• stuwadoor
• stuwal
• stuwing
Vertaling:
Engels: to thrust, push along; to push against; to stow
Nederlands: stuwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|