Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ganger
ganger [boodskap #146909] Di., 05 November 2024 13:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24315
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ganger
Afbreking: gan•ger
Samestelling: gaan + -er


Selfstandige naamwoord: ganger
Meervoud: gangers
Verkleinwoord: gangertjie
Meervoud van verkleining: gangertjies

Betekenis:
• Iemand wat êrens heen gaan (kom slegs in samestellings voor).

Gebruik:
• Die feesgangers word met eetgoed en lewendige musiek vermaak.

Afgelei:
• bedevaartganger
• biduurganger
• dubbelganger
• feesganger
• fliekganger
• herbergganger
• kerkganger
• kermisganger
• kongresganger
• konsertganger
• mekkaganger
• nagmaalsganger
• optogganger
• partyganger
• skouburgganger
• soolganger
• teaterganger
• togganger
• tussenganger
• vakansieganger
• verbyganger
• verlofganger
• voetganger
• voorganger

Vertaling:
Engels: goer, walker
Nederlands: ganger

Nota:
• "Ganger" is streng gesproke 'n agtervoegsel, maar word hier as 'n selfstandige naamwoord beskryf om die meervoud en verkleining aan te dui.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: optogganger
Volgende onderwerp: wêreldleier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 17 07:27:28 UTC 2026