| skakering [boodskap #146895] |
Ma., 04 November 2024 13:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skakering
Afbreking: ska•ke•ring
Selfstandige naamwoord: skakering
Meervoud: skakeringe, skakerings
Verkleinwoord: skakerinkie
Meervoud van verkleining: skakerinkies
Betekenis:
• 'n Ander tint van dieselfde kleur.
• 'n Variasie in iets, o.a. in denkwyse, opvattinge of menings.
Gebruik:
• Donkergroen is 'n donker skakering van groen.
• Ek het nooit besef dat emosies soveel skakerings kan hê nie.
Sinoniem:
• afwisseling
• nuanse
• tint
• variasie
Hiponiem:
• gevoelskakering
• ligskakering
• klankskakering
• kleurskakering
• toonskakering
Vertaling:
Engels: hue, shade, tint; nuance
Nederlands: schakering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|