solidariteit [boodskap #146850] |
Thu, 31 October 2024 13:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21149 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
solidariteit
Afbreking: so•li•da•ri•teit
Samestelling: solidêr + -iteit
Selfstandige naamwoord: solidariteit
Meervoud: solidariteite
Betekenis:
• 'n Gevoel van saamhorigheid en verbondenheid wat 'n groep (ten spyte van die gevolge) bymekaar hou.
Gebruik:
• Ons staan in solidariteit met die moedige mans en vroue wat die strate invaar, hulle verontwaardiging uitskreeu en op verandering aandring.
Sinoniem:
• eendrag
• eensgesindheid
• kameraadskap
• kameraderie
• saamhorigheid
• samehorigheid
• verbondenheid
Afgelei:
• solidariteitsbeweging
• solidariteitsgevoel
• solidariteitsregte
• solidariteitstaking
Vertaling:
Engels: solidary
Nederlands: solidariteit
Nota:
• Nie te verwar met die gelyknamige vakbond Solidariteit nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|