| onoorbrugbaar [boodskap #146846] |
Wo., 30 Oktober 2024 19:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onoorbrugbaar
Afbreking: on•oor•brug•baar
Samestelling: on- + oorbrugbaar
Byvoeglike naamwoord: onoorbrugbaar
Attributief: onoorbrugbare
Betekenis:
• Wat nie oorkom (oorbrug) kan word nie.
Gebruik:
• Die kloof tussen hulle blyk onoorbrugbaar te wees.
Sinoniem:
• onoorkomelik
Antoniem:
• oorbrugbaar
Vertaling:
Engels: unbridgable, unbridgeable
Nederlands: onoverbrugbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|