| ligament [boodskap #146843] |
Wo., 30 Oktober 2024 15:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ligament
Afbreking: li•ga•ment
Selfstandige naamwoord: ligament
Meervoud: ligamente
Verkleinwoord: ligamentjie
Meervoud van verkleining: ligamentjies
Betekenis:
• 'n Taai, wit, veselagtige bindweefsel in die liggaam wat spiere en bene aan mekaar heg.
Gebruik:
• Die rugbyspeler is geopereer om 'n geskeurde ligament in sy knie te heg.
• Gerekte ligamente (soos met verstuiting) neem gemiddeld 6 tot 8 weke om te herstel.
Sinoniem:
• gewrigsband
• gewrigsbandweefsel
• pees
• sening
• tendon
Afgelei:
• kruisligament
• ligamentbesering
Vertaling:
Engels: ligament, tendon
Nederlands: ligament
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|