| kruiper [boodskap #146832] |
Di., 29 Oktober 2024 13:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kruiper
Afbreking: krui•per
Samestelling: kruip + -er
Selfstandige naamwoord: kruiper
Meervoud: kruipers
Verkleinwoord: kruipertjie
Meervoud van verkleining: kruipertjies
Betekenis:
• Iets of iemand wat kruip (letterlik op die grond, of figuurlik, op oordrewe onderdanige wyse).
Gebruik:
• Die seun hou spinnekoppe en ander grillerige kruipers in sy kamer aan.
Sinoniem:
• jabroer
• witvoetjiesoeker
Hiponiem:
• bekruiper
• boskruiper
• gatkruiper
• grondkruiper
• inkruiper
• onderkruiper
• oorkruiper
• rotskruiper
• sandkruiper
• wegkruiper
Afgelei:
• kruiperig
• kruipery
Vertaling:
Engels: creeper, crawler; adulator, flunky, toady
Nederlands: kruiper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|