| beween [boodskap #146794] |
Sa., 26 Oktober 2024 18:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beween
Afbreking: be•ween
Samestelling: be- + ween
Werkwoord: beween
Verlede tyd: het beween
Betekenis:
• Om erg oor iets te huil en te treur.
Gebruik:
• Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie. [Mattheus 2:18]
Sinoniem:
• bekla
• huil
• lamenteer
• treur
Vertaling:
Engels: to cry about, bewail, mourn, grieve, lament
Nederlands: bewenen
Byvoeglike naamwoord: beween
Attributief: beweende
Betekenis:
• Waaroor gehuil en geween word.
Gebruik:
• Op die slegte Dinsdag, dié beweende dag, het die dood gekom.
Antoniem:
• onbeween
Afgelei:
• beweendes
• bewener
Vertaling:
Engels: mournful, lamented
Nederlands: beweend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|