| afgesonderdheid [boodskap #146791] |
Sa., 26 Oktober 2024 16:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgesonderdheid
Afbreking: af•ge•son•derd•heid
Samestelling: afgesonderd + -heid
Selfstandige naamwoord: afgesonderdheid
Meervoud: afgesonderdhede
Betekenis:
• Die toestand van eenkant, alleen en afgesonder wees.
Gebruik:
• Wanneer ons in stilte en afgesonderdheid bid, het ons die ruimte om opreg met God te praat.
Sinoniem:
• afsondering
• eensaamheid
• isolasie
• verlatenheid
Vertaling:
Engels: isolation, seclusion
Nederlands: afgezonderdheid, afgelegenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|