| spoorwydte [boodskap #146706] |
Wo., 16 Oktober 2024 17:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoorwydte
Afbreking: spoor•wyd•te
Samestelling: spoor + wydte
Selfstandige naamwoord: spoorwydte
Meervoud: spoorwydtes
Betekenis:
• Die afstand tussen die stawe van 'n treinspoor (aan die binnekant gemeet).
• Die afstand tussen die wiele van 'n voertuig.
Gebruik:
• Suid-Afrika se spoorwydte is in 1875 vasgestel op 3 voet 6 duim, oftewel 1067 mm.
Sinoniem:
• spoorbreedte
Vertaling:
Engels: track width
Nederlands: spoorwijdte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|