| gulde [boodskap #146661] |
Sa., 12 Oktober 2024 09:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24170 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gulde
Afbreking: gul•de
Byvoeglike naamwoord: –
Attributief: gulde
Betekenis:
• Wat van goud gemaak is, of oor die eienskappe van goud beskik.
Gebruik:
• Dit is 'n gulde geleentheid.
Spreekwoord:
• Die gulde middeweg kies. [Uiterstes vermy, gematig te werk gaan.]
Sinoniem:
• duursaam
• goudgeel
• heerlik
• skitterend
• voortreflik
• waardevol
Afgelei:
• vergulde
Vertaling:
Engels: golden
Nederlands: gulden
Selfstandige naamwoord: gulde
Meervoud: guldes, guldens
Betekenis:
• Ou Nederlandse geldeenheid wat ook op 'n tyd aan die Kaap in gebruik was.
Gebruik:
• Die item kos 100 gulde.
Vertaling:
Engels: guilder
Nederlands: gulden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|