| sonhorlosie [boodskap #146656] |
Vr., 11 Oktober 2024 19:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Sonhorlosie.
sonhorlosie
Afbreking: son•hor•lo•sie
Samestelling: son + horlosie
Selfstandige naamwoord: sonhorlosie
Meervoud: sonhorlosies
Verkleinwoord: sonhorlosietjie
Meervoud van verkleining: sonhorlosietjies
Betekenis:
• Toestel wat die tyd met behulp van die son aanwys.
Gebruik:
• 'n Sonhorlosie kan uit die aard van die saak net gebruik word wanneer die son skyn.
Sinoniem:
• sonwyser
Vertaling:
Engels: sundial
Nederlands: zonnewijzer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|