| besing [boodskap #146626] |
Wo., 09 Oktober 2024 16:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besing
Afbreking: be•sing
Samestelling: be- + sing
Werkwoord: besing
Verlede tyd: het besing
Betekenis:
• Om oor 'n bepaalde onderwerp te sing; prys en lof toeswaai.
Gebruik:
• Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur 'n dwaas. [Prediker 7:5]
Sinoniem:
• prys
• roem
• toesing
Afgelei:
• besingde
• besinging
• besonge
Vertaling:
Engels: to sing, celebrate
Nederlands: bezingen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|