Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » helderheid
helderheid [boodskap #146588] Vr., 04 Oktober 2024 16:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
helderheid
Afbreking: hel•der•heid
Samestelling: helder + -heid


Selfstandige naamwoord: helderheid
Meervoud: helderhede

Betekenis:
• Die toestand of mate van helder wees (liggewend, deursigtig of verstaanbaar).

Gebruik:
• Die Son se helderheid neem elke 100 miljoen jaar met sowat 1% toe.
• Die helderheid van die water het my opgeval.
• Die onderwyser se goeie verduideliking het helderheid gebring.

Sinoniem:
• liggewendheid
• luminositeit
• duidelikheid
• klaarheid
• uitdruklikheid
• verstaanbaarheid

Afgelei:
• helderheidsmeter

Vertaling:
Engels: brightness, luminosity; lucidness, lucidity
Nederlands: helderheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gespoor
Volgende onderwerp: ei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 09:51:41 UTC 2025