Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Politieke Nuusgroep.......za.politics
Politieke Nuusgroep.......za.politics [boodskap #14657] Wo, 13 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
SAKKIE  is tans af-lyn  SAKKIE
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek pleit skuldig dat ek *******.afrikaans misbruik het. Hierdie nuusgroep
behoort te konsentreer op afrikaanse kultuur. Jammer ouens (ouens soos in
"dames en here").

Ek het op 'n ander NG afgekom wat meer politiek gerig is en dit lyk of van
die besprekings heel "lewendig" raak.

Miskien moet ek, Billy, Jennifer en al die ander reaktiewe klomp maar ons
standpunte daar gaan stel. Ek is seker daai groep sal reageer.

Jeff@thewinds & CO can also join us there. It could be an eye opener.
There you will see what a wide range of South Africans think of each other,
and just how tolerant (snikker) South Africans are.

Sakkie
Re: Politieke Nuusgroep.......za.politics [boodskap #14658 is 'n antwoord op boodskap #14657] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Alle wereld, sarkasties ne???

Jy soek werklik moeilikheid Gloudina Bouwer. En jy gaan dit nou ook kry.
Elkeen met 'n IK hoer as joune, dus meer as 50 kan sien dat Leendert 'n paar
tikfoute in sy plasing het. Maar vir die mense wat agttiende eeuse Afrikaans
geleer het en die foutjies as onoorkomelik ervaar is hier 'm vertaling:

Toilet gewoontes - die gewoonte om jou hande te was as jy klaarkry. In Gloudina
se geval sou ek wil aanraai dat sy die gewoonte moet oorneem en daarnewens ook
party keer haar mond uitspoel. Want sy vat dinge in haar mond wat ek nog nie met
my hande durf aanraak nie!

Voedsel - Die twintigste-eeuse en meer omvattende woord vir "kos"

Stelsels - sisteme. groepering van gelykluidende onderwerpe.
Boekhoestelsel - metode om boek te hou.

Jy verkleur die woord se betekenis of sels leesbaarheid deur die eerste helfte
daarvan te verwyder. (Dis tipies iets wat 'n misinformant of propagandis sou
doen.)

Jennifer - moenie met haar neuk nie!

> Is jy onder die invloed, Leendert?
> Wat is toiltegewoontes, voesel en
> stelselsels? Deel van die nuwe
> Afrikaanse kultuur?
>
Re: Politieke Nuusgroep.......za.politics [boodskap #14659 is 'n antwoord op boodskap #14657] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Jy behoort te vind dat dit die begrip "politiek", soos ook toiltegewoontes,
> metodes van voeselproduksie en boekhoustelselsels, weldeeglik insluit.
>
> Groete, Leendert

Is jy onder die invloed, Leendert?
Wat is toiltegewoontes, voesel en
stelselsels? Deel van die nuwe
Afrikaanse kultuur?

Gloudina
Re: Politieke Nuusgroep.......za.politics [boodskap #14697 is 'n antwoord op boodskap #14657] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SAKKIE wrote in message ...
> Ek pleit skuldig dat ek *******.afrikaans misbruik het. Hierdie nuusgroep
> behoort te konsentreer op afrikaanse kultuur. Jammer ouens (ouens soos in
> "dames en here").
>
> Ek het op 'n ander NG afgekom wat meer politiek gerig is en dit lyk of van
> die besprekings heel "lewendig" raak.

Beste Sakkie,

Miskien moet jy (benewens die stigtingsakte van die NG) ook die betekenis
van die woord "kultuur" 'n bietjie bestudeer.

Jy behoort te vind dat dit die begrip "politiek", soos ook toiltegewoontes,
metodes van voeselproduksie en boekhoustelselsels, weldeeglik insluit.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Toets
Volgende onderwerp: Re: Is 'n Afrikaanse "environment" moontlik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 05:44:57 MGT 2024